Rassieland
Laerskool Ellisras se Gr. R-sentrum is geregistreer by die nasionale Departement van Onderwys en ingevolge wetgewing daartoe verbind om die bepalings van die voorgeskrewe nasionale kurrikulum te handhaaf. Daarvolgens word die drie leerareas soos beskryf vir die Grondslagfase, in ons leerprogramme geïmplementeer:
Taalvaardigheid (Huistaal & Engels Eerste Addisionele Taal)
Syfervaardigheid (Wiskunde)
Lewensvaardighede (Fisiese, Persoonlike en Sosiale Ontwikkeling)
-
Die inhoud, kennis, vaardighede en waardes van die kurrikulum word deur die jaar aan die kleuters oorgedra aan die hand van bepaalde temas.
-
Omdat hulle speel, leer hulle flink en vrolik sonder om leerwerk as te uitdagend te sien. Ons help vinnig ‘n handjie wat sukkel of ‘n koppie wat dalk net weer rustig moet hoor, voor hy kan doen.
Om die geheelontwikkeling van ons kleuters te bewerkstellig word daar daagliks, op ‘n gebalanseerde wyse, verskeie aktiwiteite uit al drie genoemde leerareas (Taalvaardigheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede) aangebied.
Rassie Land
Laerskool Ellisras’s Gr. R-sentrum is registered with the National Department of Education and in accordance with these laws, obligated to follow the official national curriculum. there are three areas of study which are written into our study plan:
Language Skills (Home Language as well as English First Additional Language)
Numerical Skills (Mathematics)
Life Skills (Physical, Personal and Social Development)
-
Children learn best by playing, therefore all learning material is taught through play to assist them in thinking quickly and promptly. Lessons are enjoyable and we always help a little hand that needs to practice again or calm a mind that just needs to hear again, before achieving on their own.






