Sport
In ‘n tyd waar almal al hoe meer bewus raak van hoe belangrik oefening vir ons kinders is, is dit sekerlik nie eers meer nodig om die ou gesegde uit te grawe oor hoe ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves nie, of hoe?
Deelname aan sport ontwikkel fiksheid, verhoog konsentrasie, wys leerders hoe om hul take met moed en durf aan te pak, verbeter probleemoplossing, leer dissipline en bevorder gesonde kompetisie met ander leerders van hul portuurgroep. Bo en behalwe al die bogenoemde voordele aan deelname in sport, leer ons hier in Rassieland ook hoe om in ‘n span saam te werk – ‘n vaardigheid wat geld nie kan koop nie.
By Laerskool Ellisras bied ons geleenthede in verskeie sport items aan – ons maak voorsiening vir individuele sowel as groepsaktiwiteite. Hierdie sportsoorte sluit onder meer in: atletiek, netbal, rugby, mini-netbal, bulletjie rugby, hokkie, mini-hokkie, krieket, swem, sokker, fietsry, gholf en tennis.
Wen of verloor, streef Rassies daarna om te alle tye die sportveld te betree met integriteit, respek en goeie dissipline, om dienooreenkomstig deel te neem en goeie sportsmangees te toon irrelevant van die uitslae en beslissings. Hier kweek ons ‘n kultuur van trots!
Sport
In a time where people are becoming more and more aware of the advantages of exercise for our children, I would hardly deem it necessary to remind you of the old saying that a healthy body leads to a healthy mind …
Participating in sports increases fitness levels, improves concentration, shows learners how to approach tasks with courage and enthusiasm, develop problem solving skills, teaches discipline and promotes healthy competition against their peer groups. To top these advantages, in Rassieland we also learn to work together as a team – a skill that no money can ever buy.
At Laerskool Ellisras we offer opportunities in various types of sports – we cater for individual as well as group activities. These activities include: athletics, netball, rugby, mini-netball, bulletjie rugby, hockey, mini-hockey, cricket, swimming, soccer, cycling, golf and tennis.
Win or lose, Rassies always strive to enter the sports field with integrity, respect and good discipline, to participate accordingly and to demonstrate good sportsmanship regardless of the results and decisions made. Here we are creating a pride-culture!








