loader image
014 763 2106 admin@lsellisras.co.za

Toelatingsvereistes

Leerlinge moet inpas by die chronologiese ouderdom van die graadgroep waartoe toegang verleen word. Die beheerliggaam verleen voorkeur aan leerlinge wie se ouers binne die skool se voedingsgebied woon, maar maak ook voorsiening vir uitbreiding na die omliggende omgewing. 

Leerlinge moet die skoolreels aanvaar en hulself daaraan onderwerp. Ouers/voogde onderneem om die vasgestelde skoolgeld te betaal of om op die voorgeskrewe wyse aansoek te doen om ‘n subsidie. 

Die beheerliggaam behou hom die reg voor om toelating te weier, indien die betrokke graadgroep se klasse reeds ten volle benut is. Beide Afrikaans en Engels word as onderrigtale aangebied.

Requirements for Admission

Learners have to fit in with the chronological age of the Grade they wish to enter. The governing body is allowed to give preference to learners that live within the school’s feeding area, but also provides for the larger surrounding areas. 

Learners must know the rules of the school and abide by them. Parents/guardians must commit to paying the determined school fees or at least to follow the correct protocol in applying for subsidies. 

The school governing body has the right to deny admission, should the specific grade’s classes already be fully occupied. Both Afrikaans and English are used as language of education. 

Inskrywing van Nuwe Graad 1 Leerlinge

Kinders is skoolpligtig vanaf die begin van die jaar waarin hulle sewe jaar oud word. Ouers van nuwe leerlinge voltooi ‘n inskrywingsvorm wat by die kantoor verkry kan word. ‘n Gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat moet saam met die vorm ingegee word. Ouers word versoek om ‘n vorm te onderteken vir die betaling van skoolgeld. Voornemende Graad 1-ouers moet aansoek om toelating doen in Oktober van die voorafgaande jaar. ‘n Oorspronklike inskrywingsvorm moet ingehandig word en is beskikbaar by die skool kantoor.

Enige leerders wat die skool verlaat moet skriftelik aansoek doen vir ‘n oorplasingsertifikaat. Die voogonderwyser(es) word in kennis gestel en reelings word getref vir die inhandiging van handboeke. Uitstaande skoolgelde moet vereffen wees.

Enrollment of New Grade 1 Learners

Children must start going to school at the beginning of the year in which they turn seven years old. Parents of new learners must complete entry forms that are available in the school office. A certified copy of the learners’ birth certificate must be handed in along with the form. Parents must also sign a form agreeing to the payment of school fees. Prospective Grade 1 parents must apply during October of the previous year. An original entry form must be handed in at the school admin offices. 

Any learner that wants to leave the school must hand in a written request for his/her transfer papers. The guardian teacher must be notified and arrangements be made with regards to handing in all textbooks. Any outstanding school fees must be paid in full. 

Skooltye  |  School Hours

Graad R:

Maandag – Donderdag: 07h15 tot 13h15

Vrydag: 07h15 tot 13h00

Graad 1 – 2:

Maandag – Donderdag: 07h15 tot 13h15

Vrydag: 07h15 tot 13h00

Graad 3 – 7:

Maandag – Donderdag: 07h15 tot 14h00

Vrydag: 07h15 tot 13h00

Grade R:

Monday – Thursday: 07h15 to 13h15

Friday: 07h15 tot 13h00

Grade 1 -2:

Monday – Thursday: 07h15 to 13h15

Friday: 07h15 to 13h00

Grade 3 – 7:

Monday – Thursday: 07h15 to 14h00

Friday: 07h15 to 13h00

Kleredrag  |  School Wear

Skooldrag word deur die beheerliggaam bepaal en is verpligtend by die skool en  tydens alle skool byeenkomste.

School wear is determined by the governing body and is compulsory on the school grounds and all school events.

LAERSKOOL ELLISRAS-Klere beleid/SCHOOL RULES-clothing policy

2   SKOOL-  EN SPORTDRAG / SCHOOL AND SPORTING UNIFORM

2.1       SKOOLDRAG / SCHOOL UNIFORM

2.1.1    Skooldrag is verpligtend tydens sportbyeenkomste / School uniform is compulsory during sport meetings.

2.1.2    Skool het skooldrag soos bepaal is deur beheerliggaam.

Dogters: Groen (geruite) rokke met lyfband wat in middel is.

Skoolrokke word by die skool verkoop.

Seuns : Grys broeke en hemde. Grys broeke en hemde by verskaffers in dorp

The school uniform is compulsory as determined by the school governing body.

Girls:  A green checked dress with a belt.

Girl’s school uniforms are available at the school.

Boys :  Grey short pants and a grey shirt.

Grey pants an shirts are available at our suppliers in town.

 2.2  SWEETPAKKE / TRACKSUIT

Skoolsweetpakke word verkieslik in die winter gedra met swart skoolskoene (Mei – Augustus).

Seuns:  Dra ‘n  grys knoopies hemp onder aan met groen trui as dit nodig is en lang grys skoolkouse.

Dogters:   trek ‘n wit katoen knoopies hemp met kraag aan met ‘n groen trui as dit nodig is en kort wit skoolkouse.  ‘n Grys langbroek is toelaatbaar.

Atlete mag op Woensdae amptelike sweetpak baaidjies dra. Geborgde baadjies mag Woensdae gedra word deur die eerste sport spanne.

Atlete mag amptelike sweetpakke na byeenkomste dra.

Alle skooldrag moet duidelik gemerk word.  (Leerder se naam en van) /

 

Tracksuits are preferably worn in the winter with black school shoes (May – August).

Boys:  Wear a grey button shirt and green jersey and long grey school socks.

Girls:  Wear a white button shirt with a collar and green jersey. Girls may wear long grey trousers and short white school socks.

Athletes may wear official track jackets on a Wednesday. Sponsored jackets may be worn on Wednesdays by the first team players.

Athletes must wear official tracksuits to all meetings.

Clothing items must be clearly marked. (A learners name and surname).

 

2.3  SPORTKLERE / CLOTHING TO BE WORN FOR SPORT MEETINGS

Slegs groen of swart (donker soos skoolklere) “kort skipants” mag by sportklere gedra word.

Sportklere kan by die skool bestel word.

Rassiehempies kan tydens oefeninge en ander geleenthede gedra word.

(Beskikbaar by skool).  Provinsiale klere gedurende die sportseisoen. / Rassie shirts can be worn during practice or other occasions.  (Available at school.) Only green or black (as in the school colour) ski pants may be worn. You can order sports wear at the school.

 SWEM

 Seuns:      Speedo of gewone swembroek.

Dogters:   Slegs eenstuk word toegelaat.

SWIMMING

Boys: Speedo or any other costume.

Girls: Only full costumes are permitted.

 2.4  Skoolterrein moet met skooldrag verlaat word!  Nadat daar geswem is ook.

(Buskinders, koshuis en na-skoolkinders) / Learners must at all time leave the school fully clothed in school uniform.  ( Dink nie dis meer relevant nie)????

 

2.5  Dit word beskou as ‘n voorreg en eer om skooldrag te dra:  gedrag moet so wees dat dit in ere gehou en die erekode uitgeleef word / It must be regarded an honor to wear the school uniform and therefore their behavior while wearing it should suit it.

 

2.6  TRUIE / JERSEYS

Groen skool sweetpakbaadjies mag in die plek van die amptelike skooltrui gedra word.  Groen “Drimac’s” mag gedra word. In die winter mag slegs donker groen serpe gedra word en slegs groen handskoene. Groen mussies mag gedra word, maar sodra leerders in die klasse ingaan word mussies afgehaal. / Green school tracksuit tops may be worn instead of the normal jersey. During winter a green scarf may be worn and green gloves. Green beanies may be worn before school, but when a learners goes into class it must be taken of.

Green Drimac’s may be worn.

 

2.7  SKOENE /SHOES

Slegs die skoene soos bepaal, mag gedra word.  Skoene wat bv. nie toegelaat word nie, is die volgende: skoene met dik sole (speksole), enige soort stewel, veldskoene, (vellies), suedeskoene en skoene met hoë hakke. 

DOGTERS:  Swart skoolskoene Geen “pumps” nie.

SEUNS:  Swart skoolskoen moet met ‘n veter vasmaak word.  Kinders mag kaalvoet skool toe kom.  GEEN TEKKIES OF STEWELS NIE.

Only shoes as has been previously determined may be worn.  No high heels or any other fancy shoes may be worn.

GIRLS:  Black school shoes. No “pumps” allowed.

BOYS:  Boys may wear black school shoes with laces.  Learners may also attend school on bare foot. NO TEKKIES OR BOOTS ALLOWED.

 2.7.1   KOUSE / SOCKS:

 Dogters mag in die winter lang grys kouse aantrek wat tot onder die knie kom. Swart sykouse mag gedra word saam hulle skooluniform. Geen swart/grys ‘tights’ stywe broeke word toegelaat nie. Wit sokkies mag ook nie bo-oor sykouse aangetrek word nie.  In die somer dra dogters kort wit kouse saam hulle skooldrag.

 Girls may wear long boys socks i.e. grey long socks, during the winter. Girls are allowed to wear black stockings in wintertime with their school uniform. No tights/ tight pants may be worn with your school uniform. White socks may not be worn over your stockings.   During summer only short white socks may be worn.

 Seuns moet lang grys skoolkouse dra geen enkel sokkies word toegelaat nie.

 Boys must wear grey long knee high socks no ankle high socks are allowed.

 2.8   HAARSNIT / HAIR

                        Seuns

Net ‘n kort netjiese snit word toegelaat.  Hare mag nie oor die ore kom nie.  Lang hare wat agter van bo na onder hang en/of ‘n dik massa of walle vorm, word nie toegelaat nie.  Snaakse haarstyle is nie aanvaarbaar nie, soos bv.  Kort, langs die kante en bo te lank.  Voorkoppe moet skoon wees.  Hare mag nie oor die ore getrek kan word nie en ook nie die boordjie raak nie.  Geen eksamen, kompetisie, funksie of opvoering sal as verskoning aanvaar word om hare te laat groei of om skooldragreëls te oortree nie.  Versnippering van hare is taboe. 

Boys

Only short neatly cut hair is allowed.  The hair may not hang over the ears.  No peculiar hairstyles are permitted.  Short back and sides is the ideal.  No exception to this rule will be made. 

                        Dogters:

  • Hare moet altyd netjies wees.
  • ‘n Gepaste styl vir ‘n skooldogter wat ‘n uniform dra.
  • Lengte van hare:
  • Indien ‘n dogter regop staan, mag die hare aan die bokant van die rok se kraag raak.
  • Hare wat langer is, moet vasgemaak word. Die vasmaakmiddels (sluit strikke en knippies in) moet in skoolkleure wees, (rooi, groen, wit, geel).
  • Onder geen omstandighede mag hare gekleur word nie.
  • Geen toutjieshaarstyl word toegelaat wat nie een lengte is nie, gevlegde hare styf teen aan die kop word verkies, netjiese styl.
  • Geen gepofte haarstyle en oormatige “gel” nie.
  • Geen pruike.

Girls :

  • Hair must always appear neat and tidy.
  • The hair must suit a school girl and the uniform she wears.

Length:

  • The girl’s hair may only touch the collar if the style is of an upright fashion.
  • Longer hair must be tied with elastic band and ribbon using the school colours i.e. red, green, white, yellow or brown.
  • No hair may be coloured.
  • No small plaited hairstyles that is not one length are permitted. Plaited hair that is tight against the head is prefered.
  • No over-use of gel is allowed.
  • No wigs.

 

2.9 JUWELE / JEWELLERY

                        Dogters:

Slegs 1 stel oorbelle in die vorm van ‘n plein ringetjie/knoppie.  GEEN armbande, slegs ‘n seëlring en horlosie. Geen smart horlosies nie.

 Seuns :

Net ‘n horlosie. Geen smart horlosies.

Girls:

Only one set of earrings i.e. plain studs or ringed (small).  No bangles and only watch and signature ring may be worn. No smart watches.

 Boys :

Only watches may be worn. No smart watches.

 2.10 Geen naelpolitoer of grimering nie / No nail polish or make up may be worn.

 2.11  Gewone Klere/ Civvies clothes:

 Dogters: Dogters moet netjies aangetrek wees. Geen onderklere mag uitsteek nie. Dogters moet relevante onderklere dra wanneer ontwikkeling begin. Klere mag nie deurskyn nie. Geen dun bandjie toppies/ “spaghetti” strappies mag gedra word nie. ‘n Dogter se hemp  moet van so aard wees dat haar maag nie uitsteek nie en kort broeke moet so wees dat daar nie enige onderklere uitsteek nie.

 Girls: Girls must be dressed neatly. No underwear may show. Girls needs to wear relevant underwear when development starts. Clothes may not be see through. No spaghetti strap tops are allowed. The shirt needs to be long enough and no tummy may be exposed and shorts need the long enough so no underwear is visible.

 Seuns: Netjiese klere drag wat nie te kort of te klein is nie. Enige relevante skoene is     aanvaarbaar.

Boys: Neat clothes that is not too short or too small. Any relevant shoes are acceptable.