loader image
014 763 2106 admin@lsellisras.co.za

LAERSKOOL ELLISRAS-SKOOL REËLS/SCHOOL RULES
2 SKOOL- EN SPORTDRAG / SCHOOL AND SPORTING UNIFORM
2.1 SKOOLDRAG / SCHOOL UNIFORM
2.1.1 Skooldrag is verpligtend tydens sportbyeenkomste / School uniform is
compulsory during sport meetings.
2.1.2 Skool het skooldrag soos bepaal is deur beheerliggaam.
Dogters: Groen (geruite) rokke met lyfband wat in middel is.
Skoolrokke word by die skool verkoop.
Seuns : Grys broeke en hemde. Grys broeke en hemde by verskaffers in
dorp
The school uniform is compulsory as determined by the school
governing body.
Girls: A green checked dress with a belt.
Girl’s school uniforms are available at the school.
Boys : Grey short pants and a grey shirt.
Grey pants an shirts are available at our suppliers in town.
2.2 SWEETPAKKE / TRACKSUIT
Skoolsweetpakke word verkieslik in die winter gedra.
Seuns: trek grys hemp onder aan met groen trui as dit nodig is.
Dogters: trek ‘n wit katoen bloes met kraag aan met ‘n groen trui as dit
nodig is. Donkergroen langbroek is toelaatbaar.
Atlete mag op Woensdae amptelik sweetpakke dra.
Atlete mag amptelike sweetpakke na byeenkomste dra.
Alle skooldrag moet duidelik gemerk word. (Leerder se naam) /
Tracksuits are preferably worn in the winter.
Boys: Grey shirt and green jersey.
Girls: White shirt with a collar and green jersey. May wear green trousers.
Athletes may wear official tracksuits on a Wednesday.
Athletes must wear official tracksuits to all meetings.
Clothing items must be clearly marked with the learner’s name.
2.3 SPORTKLERE / CLOTHING TO BE WORN FOR SPORT MEETINGS
Slegs groen (donker soos skoolklere) “skipants” mag by sportklere gedra
word.
Sportklere kan by die skool bestel word.
Rassiehempies kan tydens oefeninge en ander geleenthede gedra word.
(Beskikbaar by skool). Provinsiale klere gedurende die sportseisoen. / Rassie
shirts can be worn during practice or other occasions. (Available at school.)
Only green (as in the school colour) ski pants may be worn. You can order
sports wear at the school.
SWEM
Seuns: Speedo of gewone swembroek.
Dogters: Slegs eenstuk word toegelaat.
SWIMMING
Boys: Speedo or any other costume.
Girls: Only full costumes are permitted.
2.4 Skoolterrein moet met skooldrag verlaat word! Nadat daar geswem is ook.
(Buskinders, koshuis en na-skoolkinders) / Learners must at all time leave the
school fully clothed in school uniform.
2.5 Dit word beskou as ‘n voorreg en eer om skooldrag te dra: gedrag moet so
wees dat dit in ere gehou en die erekode uitgeleef word / It must be regarded
an honor to wear the school uniform and therefore their behavior while
wearing it should suit it.
2.6 TRUIE / JERSEYS
Skool sweetpakbaadjies mag in die plek van die amptelike skooltrui gedra
word. “Drimac’s” met wapen – by skool beskikbaar. In die winter mag
gebreide groen wolserpe gedra word / School tracksuit tops may be worn
instead of the normal jersey. During winter a knitted, woolen, green scarf
may be worn.
Drimac’s with school badge are available at school
2.7 SKOENE /SHOES
Slegs die skoene soos bepaal, mag gedra word. Skoene wat bv. nie toegelaat
word nie, is die volgende: skoene met dik sole (speksole), enige soort stewel,
veldskoene, (vellies), suedeskoene en skoene met hoë hakke.
DOGTERS: Geen “pumps” nie.
SEUNS: Skoene moet met ‘n veter of knip vasmaak. Kinders mag kaalvoet
skool toe kom. GEEN TEKKIES OF BOOTSE NIE.
Only shoes as has been previously determined may be worn. No high heels
or any other fancy shoes may be worn.
GIRLS: No “pumps” allowed.
BOYS: Boys may wear shoes with laces or a buckle. Learners may also attend
school on bare foot. NO TEKKIES OR BOOTS ALLOWED.
2.7.1 KOUSE / SOCKS: Dogters mag in die winter lang grys kouse aantrek
wat tot onder die knie kom /: Girls may wear boys socks i.e. grey long socks,
during the winter. During summer only short white socks may be worn.
2.8 HAARSNIT / HAIR
Seuns
Net ‘n kort netjiese snit word toegelaat. Hare mag nie oor die ore kom nie.
Lang hare wat agter van bo na onder hang en/of ‘n dik massa of walle vorm,
word nie toegelaat nie. Snaakse haarstyle is nie aanvaarbaar nie, soos bv.
Kort, langs die kante en bo te lank. Voorkoppe moet skoon wees. Hare mag
nie oor die ore getrek kan word nie en ook nie die boordjie raak nie. Geen
eksamen, kompetisie, funksie of opvoering sal as verskoning aanvaar word
om hare te laat groei of om skooldragreëls te oortree nie. Versnippering van
hare is taboe. Geen “step” of “comb over” nie.
Boys
Only short neatly cut hair is allowed. The hair may not hang over the ears.
No peculiar hairstyles are permitted. Short back and sides is the ideal. No
exception to this rule will be made. No “step” or “comb over” allowed.
Dogters:
 Hare moet altyd netjies wees.
 ‘n Gepaste styl vir ‘n skooldogter wat ‘n uniform dra.
 Lengte van hare:
 Indien ‘n dogter regop staan, mag die hare aan die bokant van die rok
se kraag raak.
 Hare wat langer is, moet vasgemaak word. Die vasmaakmiddels (sluit
strikke en knippies in) moet in skoolkleure wees, (rooi, groen, wit,
geel).
 Onder geen omstandighede mag hare gekleur word nie.
 Geen toutjieshaarstyl word toegelaat wat nie een lengte is nie,
gevlegde hare styf teen aan die kop word verkies, netjiese styl.
 Geen gepofte haarstyle en oormatige “gel” nie.
 Geen pruike.
Girls :
 Hair must always appear neat and tidy.
 The hair must suit a school girl and the uniform she wears.
Length:
 The girl’s hair may only touch the collar if the style is of an upright
fashion.
 Longer hair must be tied with elastic band and ribbon using the school
colours i.e. red, green, white, yellow or brown.
 No hair may be coloured.
 No small plaited hairstyles that is not one length are permitted.
Plaited hair that is tight against the head is prefered.
 No over-use of gel is allowed.
 No wigs.
2.9 JUWELE / JEWELLERY
Dogters:
Slegs 1 stel oorbelle in die vorm van ‘n plein ringetjie/knoppie. GEEN
armbande, slegs ‘n seëlring en horlosie.
Seuns :
Net ‘n horlosie.
Girls:
Only one set of earrings i.e. plain studs or ringed (small). No bangles and only
watch and signature ring may be worn.
Boys :
Only watches may be worn.
2.10 Geen naelpolitoer of grimering nie / No nail polish or make up may be worn.
3 KLASDISSIPLINE EN KLASWISSELING / CLASS DISCIPLINE AND CHANGING OF
CLASSES
Klasdissipline weerspieël die gees van die skool en sal te alle tye die volgende aspekte
reflekteer/ Overall discipline reflects the mood of the school as well as reflecting the
following:
3.1 Netheid / Neatness
3.2 Arbeidsaamheid / Diligence
3.3 Ordelikheid / Respectability
Klaswisseling weerspieël die gees van die skool en sal as volg geskied / Changing of
classes must take place as follows:
3.4 Vinnig, stip en ordelik / Quickly, diligently and in an orderly fashion.
Voor skool tree die leerders voor mev Kritzinger se klas aan/ Before school
learners will gather infront of Mrs Kritzingers class.
Na pouse tree leerders by hulle klasse aan. Leiers sien toe dat dit ordelik gaan.
Opvoeders gee toestemming dat leerders mag stap / After break learners will
gather before their classes, the leaders will make sure this takes place in an
orderly fashion. Educators will then give the required permission for learners to
proceed to their classes.
3.5 Sodra die klok lui om die einde van ‘n periode aan te kondig, kry die leerders
bevel van die opvoeders om hulle boeke in te pak, te staan en die klas ordelik te
verlaat, terwyl opvoeder na sy/haar punt van diens gaan / At the end of each
period the bell will ring, educators will dismiss learners after they have packed
their books. Educators will then do point duty and see to it that changing of
classes takes place in an orderly fashion. Learners must proceed in single rows.
4 POUSE / BREAK
 Klasse is gedurende pouses gesluit.
 Niemand op die stoepe nie.
 Geen gevaarlike voorwerpe mag rondgegooi word nie of enige gevaarlike
speletjies sal toegelaat word nie.
 Die terrein mag deur die leerders verlaat word slegs met skriftelike
toestemming van die prinsipaal of sy verteenwoordiger. Leerders moet
onmiddellik, flink en netjies reageer op die lui van die klok dralery moet vermy
word.
 Rondstrooi van papiere, blikke, ensovoorts is absoluut verbode.
No learners may be in any class without the supervision of an educator.
 No one is permitted on the verandas.
 No dangerous games are allowed to be played as well as been thrown around.
 The school grounds may only be left with permission from the principal or staff
member on duty.
 At the end of break the learners must move quickly and not waste time fooling
around.
 Please do not throw down any papers or any rubbish – use the dustbins
provided.
5 VOOR EN NA SKOOL / BEFORE AND AFTER SCHOOL HOURS
5.1 Sodra die terrein betree is deur ‘n leerder, tree alle reëls in werking:
 Terrein mag nie weer verlaat word sonder toestemming nie.
 Klaskamers is nie oop nie, behalwe vir leerders wat die lokaal skoonmaak.
 Dieselfde reëls geld verder soos in pouses.
5.2 Leerders by bushaltes:
 Indien daar vir busse en taxi’s gewag word, moet dit binne die terrein wees.
 Graad R – 3 leerders wag in hul voogklasse tot 14:00.
Ouers word vermaan om betyds die leerders te kom haal na afloop van aktiwiteite: die
skool ag dit as nalatig as leerders laat afgehaal word.
5.1 As soon as any learner enters the school all school rules apply.
 The school may then only be left at the end of the day or otherwise with the
necessary permission.
 The only learners permitted in the classes are those cleaning them.
5.2 Bus stop:
If waiting for the bus or taxi’s it must be done inside the school boundary.
Grade R – 3 learners wait until 14:00 in their classes.
Parente are exhorted to please be on time when picking up your children after an activity.
You are negligent if you don’t.
6 KLEEDKAMERS / TOILETS
Ou blok – Graad 1 tot 3
Bo – Graad 4
Onder – Graad 5
Nuwe blok – Graad 6 en 7
Kleedkamers sal te alle tye netjies gehou word.
Geen samedromming in of naby die kleedkamers nie – dit is nie ‘n kuierplek nie /
Old block – Grade 1 to 3
Upper level – Grade 4
Ground level – Grade 5
New block Grade 6 and 7
Cloakrooms must at all times be kept neat and tidy. Please do not crowd around the
cloakrooms.
7 SAALDISSIPLINE / DISCIPLINE IN HALL
7.1 Saaldissipline sal te alle tye heers / When entering the hall discipline is vital.
7.2 Aantree in klas- en graadverband / For ceremonies in the hall learners must
line up in grade groups.
7.3 Geen geselsery word tydens opening – en afsluitingsfunksies toegelaat nie /
No talking is permitted during opening or any other ceremonies
7.4 Geen leerders word in die saal toegelaat sonder personeeltoesig nie / No
learners are allowed to be in the hall without the supervision of an educator.
8 TERREINNETHEID / NEATNESS OF THE SCHOOL GROUNDS
8.1 Rommelstrooi is absoluut verbode.
8.2 Kougom word glad nie op die terrein toegelaat nie.
8.3 Skooltasse:
 Enige skooltas is aanvaarbaar, behalwe onversterkte sakke sonder afskortings.
 Skooltasse moet netjies wees en mag nie bekrap word nie.
 Skooltasse word voor en tydens pouses voor die lokaal teen die muur gelaat vir
die volgende periode. Geen tasse voor kleedkamers en trappe nie.
8.4 Geen fietse mag op skoolterrein gery word nie. Stoot fietse vanaf ingang en
weer uit.
8.5 Geen leerders mag aan fietse peuter nie.
8.6 Balspele – geen balspele onder dak, deurlope of naby mure en vensters nie.
8.7 Brekasie of kwaadwillige beskadiging
* Word nie toegelaat nie.
* Enige voorvalle moet by kantoor aangemeld word en skade veroorsaak
moet
betaal word.
* Geen leerder mag by elektriese installasies peuter nie. /
8.1 No rubbish or papers of any kind are allowed to be thrown onto the floor.
8.2 No chewing gum is allowed onto the school grounds.
8.3 School bags:
 Any school bag that supports the textbooks is allowed.
 School bags may not be full of graffiti etc.
 School bags are left outside the first class or the next one against the wall of
the classroom.
8.4 No bicycles are allowed to be used on the school grounds. You may only
push your bicycle once you’ve entered the grounds.
8.5 No learner may interfere with the bicycles.
8.6 No learner may play ball near classes, on the veranda or against any wall.
8.7 Vandalism of school property is not permitted.
* Any breakage will be reported and parents will be expected to pay.
* No learner is allowed near any electrical equipment.
9 SIEKEKAMER / SICK BAY
9.1 Betrokke opvoeder moet skriftelik toestemming gee / Educator involved will
give the necessary permission.
9.2 Leerder meld by sekretaresse aan / Learner then goes to the office.
9.3 Oproepe na huis i.v.m. siekte moet deur die kantoor gedoen word / The
secretary then phones the parents.
9.4 Leerder mag slegs met ouer se toestemming gehaal word / The learner may
only leave the school grounds with the permission of the parents.
10 BESOEKE / SCHOOL VISITS
10.1 Besoeke aan die kantoor kan plaasvind na afspraak met die sekretaresse /
School visits may take place after prior arrangement at the office.
10.2 Leerder mag kantoor slegs besoek met skriftelike toestemming van die
opvoeder en moet tot die uiters noodsaaklike beperk word / The learner may
only visit the office with written permission from the educators.
11 ONTVANGSPORTAAL / ENTRANCE HALL
Geen leerder beweeg deur die deur nie, slegs as die sekretaresse toestemming gee /
No learner may make use of the entrance door at the office unless permission is
given.
DISSIPLINE – EN BELONINGSBELEID / DISCIPLINE & REWARD POLICY
Laerskool Ellisras steef daarna om gebalanseerde jongmense te lewer wat rotsvas en
koersvas ‘n bydrae kan lewer tot die sukses en welvaart van die gemeenskap in die breë.
Om die doel te bereik is dit noodsaaklik om vir elke leerling ‘n veilige, gelukkige en geborge
ruimte te skep waarbinne hy maksimaal kan ontwikkel volgens sy gegewe talente. Die
leerders, opvoeders en ouers aanvaar as gelyke vennote die verantwoordelikheid om hierdie
taak met toewyding te volvoer /
At Laerskool Ellisras we strive to develop balanced youth who can contribute positively and
in a focused manner to the success and well being of the community at large. To achieve
the mentioned objective, it is important to create a safe, happy and secured environment
where every learner can develop to his / her maximum potential according to their God
given talent. The learners, educators and parents accept as equal partners, the
responsibility to achieve the mentioned objective with full commitment.
A DOEL VAN DISSIPLINE BELEID / DISCIPLINARY POLICY OBJECTIVE
 Die skool streef die volgende ideale na t.o.v. dissipline en waardegedrewenheid /
The school strives to achieve the following ideals with regard to discipline:
 Die bevordering van positiewe leeromgewing / The enhancement of a positive
learning environment.
 Die aanleer van dissipline / The acquiring of discipline and self control
 Die aanmoediging van konstruktiewe samewerking / The encouragement of
constructive co-operation.
 Die skep van ‘n veilige omgewing waarbinne opvoeding en onderrig kan gedy / The
creation of a safe environment which is conducive to successful education and
training.
 Die voorkoming van wangedrag / The prevention of misconduct.
 Die uitleef van ons waardes / Living out our values.
B VERWAGTINGE AAN LEERLINGE / LEARNER EXPECTATIONS
Van leerlinge word daar verwag om die volgende aspekte na te kom / It is required
from learners to achieve the following aspects:
Voorkoms van liggaam sowel as klere moet netjies wees / Appearance of learners
should be neat at all times
Gedrag moet beleefd en vriendelik van aard wees teenoor personeel, leerlinge en
buitestaanders / Conduct towards educators, other learners and the public should be
humble and friendly.
Stiptelik wees t.o.v. skoolbywoning, buitemuurse aktiwiteite en die nakoming van
opdragte / Punctuality with regard to school attendance, fulfillment of tasks and
extra-mural activities.
Die eiendom van die skool, maats of enige ander persoon of instansie te respekteer
en eerbiedig / To honor and respect fellow learners, educators, members of the
public as well as the school property.
Die skoolterrein en gebou (toilette, saal, klaskamers ens.) netjies te hou / To keep the
school buildings (toilets, hall, classrooms) and school grounds in a neat condition.
KLASREËLS / CLASS RULES
1 AANTREE IN RYE/ LINE UP
a Sodra die klok lui, beweeg almal dadelik na hulle rye en tree aan / When bell rings
line up immediately.
b Daar word nie in die rye gesels of gespeel nie / No talking or playing.
c Personeel tree ook by sy/haar klas se ry aan sodra die klok lui/ Staff attends to class
when lining up.
d Personeel op saal- en terreindiens gaan saam na die rye waar die leerders aantree.
Hou toesig. / Staff on playground duty are present to accompany learners.
2 INGAAN / ENTERING A CLASS
a Leerders beweeg nie indien onderwyser nie by is nie/ Wait for the teacher before
moving.
b Op bevel stap die leerders in en staan by hulle banke / Teacher will order enterance
of class room.
c Wag vir bevel om te sit / Wait for order to be seated.
d Haal dadelik die nodige boeke, ens. uit / Take out books immediately.
3 VERDAAG / ADJOURNING
a Die klok is vir die onderwyser, nie vir die kinders nie / The bell is for the teacher not
the learners.
b Leerders tree op bevel van die onderwyser in die klas by die deur aan / Learners line
up on order of teacher at the door.
c Die onderwyser staan buite op die stoep / Teachers are outside in passage.
d Die hele klas moet as ‘n eenheid beweeg/ Whole class moves as one.
e Gedurende die laaste 5 min. van die dag mag geen leerling buite ‘n klas wees nie.
(Dit geld ook vir L.O. periodes). / During the last 5 minutes of the day no learners may
be outside a class room. (L.O. periods included.)
f Sodra die eerste klok in die middag lui, beweeg die skolierpatrollie direk na hulle
dienspunte / When the first bell rings Scholar patrol moves out for their duty.
g Tydens ‘n dubbel periode staan onderwyser in die deur en hou binne en buite toesig /
During a double period the teacher moves to door to do supervision.
4 AKTIWITEITSPERIODE / ACTIVITY PERIOD
a Alle leerders word gedurende skoolure betrek by aktiwiteitsperiode / All learners
must participate in activity period in school time.
b Dinsdag en Woensdag 08:30 tot 09:30 / Tuesday and Wednesday: 08:30 to 09:30
c Alle leerders moet dadelik na hulle onderskeie aktiwiteite beweeg /All learners must
move to their activity immediately.
d Geen leerders sonder toesig in ‘n klas of op die terrein nie / No learner must be
without supervision.
5 STUUR VAN LEERDERS/ SENDING OF LEARNERS
a Slegs 1 (een) kind mag gestuur word / Only one child may be sent.
b Leerling moet ‘n kaartjie van die onderwyser hê en moet by die kantoor aanmeld /
Learner must be given a pass by the teacher and be shown to the office.
6 KLAGTES / COMPLAINTS
a Alle klagtes tydens pouses of voor skool moet by die onderwyser op terreindiens
aangemeld word. / All complaints must be told to the teacher on duty during breaks
or before school.
b Geen kind mag uit eie reg na die kantoor/hoof gaan nie / No child may go to the
office or principal on their own will.
c Die prefekte moet by hulle dienspunte wees / Prefects will be on duty.
d Ingeval van ‘n besering gedurende pouse mag/moet die prefek die beseerde kind
vergesel. Geen maatjies nie! / When there is an injury only a prefect may take
learner to the office. No friends!
7. Baklei/Fighting
a) Indien ‘n leerder betrokke is in ‘n geveg met die doel om ‘n ander leerder te beseer,
word daar onmiddelik opgetree en die leerder word na die Dissiplinehoof/Skoolhoof
geneem. Geen bakleiery of besering van ‘n mede leerder sal geduld word nie./ When
a learner is part of a fighting incident with the purpose to hurt another learner,
immediate action will be taken and the learner will be send to the Discipline head/
Principal. No fighting or hurting of another learner will be tolerated.
8. Boelie gedrag/ Bully behavior:
a) Geen boelie gedrag teenoor mede leerders/onderwysers sal geduld word nie.
Enige vorm van boelie gedrag het sy fisies of met woorde sal geduld word nie./
No bully behavior will be tolerated against other learners/teachers. Any type of
physical bully or the use of words will not be tolerated.
9 ALGEMEEN / GENERAL
a Die voorportaal is taboe vir alle leerlinge. Indien ‘n kind deur ouer gehaal word moet
die kind in die klas bly tot hy/sy geroep word / No learners in office or lobby. Learner
will stay in class and be called.
b Geen leerling mag oproepe maak nie / No learner may use the phone.
ALGEMEEN / GENERAL MATTERS
1 SKOOLBYWONING / SCHOOL ATTENDANCE
1.1 STIPTELIKHEID / PUNCTUALITY
* Leerders wat laat is, moet hulle aanmeld by die diensdoenende
prefekte en by hulle voogonderwyser(es). / Learners who are late must
report to the prefects on duty and the register teacher.
* Leerders wat by die skool aankom nadat die byeenkoms in die saal
reeds begin het, moet nogtans die saal binnekom /
Learners who are late must still proceed to the hall for the opening
ceremony even though they are late.
1.2 AFWESIGHEID / ABSENTEES
 Leerders mag slegs a.g.v. siekte weens ‘n grondige rede afwesig wees /
Learners may only be absent due to illness or a good reason
 Indien ‘n leerder afwesig is, word verwag dat die ouer/voog die kantoor voor
10:00 sal skakel. As ‘n leerder ‘n paar dae afwesig sal wees, moet die
ouer/voog die opvoeder telefonies of per brief daarvan in kennis stel / If a
learner is absent it is expected from the parent to phone the office before
10h00. Please notify the school in writing if the learner will be absent for a few
days.
 In geval van langdurige siekte, moet die leerder ‘n mediese sertifikaat aan die
voogonderwyser(es) toon / When the learner returns to school he must give his
absent note to the register teacher.
 Na afwesigheid moet die leerder die eerste dag wanneer hy/sy die skool
besoek, ‘n brief van sy ouers/voog aan die voogonderwyser(es) oorhandig.
 Ouers/voogde moet poog om mediese- sowel as tandartsafsprake vir leerders
slegs na skoolure te maak / Parents must please try to make any appointment
what so ever in the afternoon after school.
1.3 TERREIN VERLAAT / LEAVING OF THE SCHOOL GROUNDS
 ‘n Leerder wat die terrein gedurende skooltyd wil verlaat, moet ‘n brief van sy
ouers/voog in die verband aan die hoof oorhandig / Any learner wanting to
leave the school grounds during school must bring a letter of permission to the
principal.
 Alleen nadat ‘n verlofbrief onderteken deur die hoof, aan die leerder oorhandig
is, mag hy/sy die terrein verlaat. Dit geld ook vir terreinverlating gedurende
pouses / Only once the principal has signed the letter may the learner leave the
school. This rule also applies for break time.
1.4 POUSE / BREAK
 Daar is elke dag twee pouses van 20 en 10 minute onderskeidelik / Two breaks
of 20 and 10 minutes each will take place daily.
 Leerders mag nie gedurende pouses in die klaskamers of in die saal of op die
stoepe sonder toestemming van ‘n opvoeder wees nie / No learners may be on
the verandas or in the classes during break without the prior permission from
the principal or educator.
 Geen gevaarlike speletjies of voorwerpe word toegelaat nie, bv. ketties, messe,
ens. / No dangerous games may be played on the school grounds during break
or any other time. No dangerous objects like knives at school.
BESERING EN SIEKTE / INJURY AND ILLNESS
 As ‘n leerder gedurende skoolure by die skool beseer of siek word, moet dit
onverwyld by die kantoor gerapporteer word. / If a learner gets injured or ill
during school hours, they must report immediately at the office.
2 TERREIN EN EIENDOM / SCHOOL GROUNDS AND PROPERTY
 Leerders mag nie gedurende skooltyd by die fietsloods en die opvoeders se
motors kom nie. Die gebou, meubels en apparaat moet beskerm en opgepas
word / No learners may play near the bicycles or staff members vehicles.
 Elke leerder is self verantwoordelik vir sy/haar eiendom. Enigiets wat
raakgeloop word en wat aan iemand anders behoort, moet by die kantoor
ingegee word / The furniture, equipment or any school property must at all
times be respected. Each learner is responsible for his own property. Any lost
property must be handed in at the office.
Geen selfone/Smart Horlosies mag in skoolure gebruik word nie. Die skool sal geen
verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies nie / No cell phones/Smart Watched may be
used by learners during school times. The school will not be liable for any losses arriving
thereof.